Tyd vir ‘n verandering!

Win a trip to Mauritius

TYD vir ’n verandering!

’n Maand of twee gelede het ek besef dit is tyd vir ’n verandering.

Daar is só baie wat ek nog moet sien en doen dat ’n agt-tot- vyf-beroep nie by my meesterplan inpas nie.

Die internet het ook die nodige geleenthede vir my geskep om daardie angswekkende stap uit die sekere na die onbekende te neem.

Vandag is my laaste dag by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat (SUT).

Ek het besef Bloemfon­teiners het nie altyd toegang tot bekostigbare webontwerpers en korporatiewe opleidingsgeleenthede nie.

Dit het my aangespoor om hard te werk aan die vestiging van ’n onderneming wat bekostigbare webbladsye vir diegene wat dit nodig het, kan ontwerp en een wat korporatiewe opleiding verskaf. Enigiets van akademiese werksessies tot alles wat jy van die web en nuwe tegnologiese verwikkelinge wil weet. Die doelwit is om seker te maak inwoners van Bloemfontein sal nie net ingelig wees oor die internet nie, maar dat elkeen sal weet hoe om die internet doeltreffend te benut – wat beskikaar is en hoe om die wêreld in te vaar met net die kliek van jou muis se knoppie.

Dit is opwindend, dit is ’n wêreld wat gedurig verander en dit is werklik makliker en goedkoper as wat jy dink.

My rubrieke sal ook in die toekoms dalk meer krities en kontroversieel wees. Vir almal op wie se tone ek gaan trap, vra ek nou al verskoning. My mening is dalk soms nie gewild nie, maar ten minste is dit my eerlike mening. Ek sien uit daarna om steeds op ’n gereelde grondslag vrae en boodskappe van almal te ontvang.