Podcamp in Kaapstad was Ongelooflik

Click here for the best credit card in the world!

DIE afgelope naweek was dit die PodCamp in Kaapstad. Wat ’n ongelooflike ervaring. En om alles te kroon wen die Bokke toe ook.

Ek was uit die veld geslaan oor die ongelooflike sin van eenheid en gemeenskap wat ek in die Kaap ervaar het.

Die New Media-gemeenskap gesels saam, kuier saam en ondersteun mekaar geweldig. Dit het ontstaan, omdat die gemeenskap gereeld bymekaarkom om te gesels en gedagtes uit te ruil.

Ná gesprekke met van die groot name in New Media het ons besluit om ’n poging aan te wend om dieselfde soort eenheid hier in die Vrystaat te vestig deur gebruike daar ook hier te implimenteer.

Die eerste hiervan sal op 27 November wees.

’n Geruime tyd is daar elke maand op die 27ste van die maand ’n 27 Dinner.

Op hierdie aand kom almal in die New Media-gemeenskap bymekaar vir aandete.

Daar is gewoonlik ’n spreker, en indien jy die spreker wil wees, kan jy dit net aandui en jy sal die geleentheid kry.

Hierdie is ook die ideale geleentheid vir beleggers om kontak te maak met ontwikkelaars.

Jy as ontwikkelaar of ontwerper kan kontak maak met ander ontwikkelaars en so word nuwe samewerkingsgeleenthede geskep.

Die aande is gratis om by te woon en jy betaal slegs vir jou aandete. Dit vind gewoonlik in ’n restaurant plaas en daar heers ’n feestelike atmosfeer.

Indien daar iemand is wat belang stel om die geleentheid volgende maand by te woon of om die gasheer te wees kan hulle my laat weet. Ek glo vas daar kan ’n sterk gemeenskap in die Vrystaat wees. Ons moet net die eerste tree neem.

 

Click here for the best credit card in the world!