Nuwe Webblad – Nasionale Museum Bloemfontein

Ek het ‘n rukkie terug gehoor dat die Nasionale Museum Bloemfontein, hard besig is om aan hulle nuwe webblad te werk. Ek het toe vandag gehoor dat die nuwe webblad pas voltooi is. Ek het sommer dadelik gaan kyk.

Ons is geneig om te vergeet dat ‘n museum ‘n kritiese deel behoort te vorm van enige kind se opvoeding en dat ons werklik bevooregd is om in Bloemfontein sulke ongelooflike museums te he.

Voor ek die webblad besoek het, het ek nie besef hoeveel verskillende museums in Bloemfontein is nie. Van Florisbad tot die Eerste raadsaal. Hierdie is almal museums wat ek verseker binnekort gaan besoek.

Dit is so belangrik dat instansies soos die Nasionale Museum ‘n webblad moet he wat nie dood voorkom nie, die webblad moet gebruikersvriendelik wees. Teks op so ‘n blad moet ook nie te tegnies wees nie en moet met die gebruiker kommunikeer op ‘n vlak wat hy/sy verstaan. Ek dink werklik dat hierdie webblad daarin slaag om effektief te kommunikeer.

Die Nasionale Museum het ‘n groot taak en ek dink hulle neem nou ‘n stap in die regte rigting.

Die enigste ding op die webblad wat ek werklik mis is ‘n plek om in te teken op ‘n nuusbrief. Ek glo dit is ‘n baie belangrike deel van enige webblad en is krities om deurlopend met die gemeenskap te kommunikeer. Dit is ook handig om enige nuwe uitstallings of ander gebeurtenisse onder almal se aandag te bring. Ek is wel verseker dat daar binnekort wel ‘n plek wees waar jy op hul amptelike elektroniese nuusbrief sal kan inteken.

Ek het deur die webblad gewerk en is werklik beindruk deur die feit dat jy werklik alles wat jy oor die museum sou wou weet, kan uitvind. Die webblad kan besoek word by www.nasmus.co.za, maar maak seker dat jy nie net die webblad besoek nie, gaan besoek sommer dadelik die museum self ook!