Jou webtuiste kan die verskil maak

Nico Baird

ELKE week kry ek e-posse van mense wat vra wat die beste manier sal wees vir hulle om hul eie webblad en webadres te besit.

Onkunde is dikwels ’n slaggat en dit is belangrik vir mense om te weet presies wat die stappe is om te volg.
Met die hoë pryse wat ons in Suid-Afrika betaal vir bandwydte en toegang tot die internet, is dit belangrik om te weet dat daar goedkoper opsies is.

Dit is ook baie maklik om ’n groot deel van die werk self te doen en dan honderde selfs duisende rande te spaar.
Dit is werklik nie so moeilik as jy net die basiese stappe volg nie.

Indien jy natuurlik ’n unieke blad wil skep, is dit nodig om programmeerders en ontwerpers se kundigheid in te roep, maar indien jy die basiese werk klaar gedoen het, sal jy baie kan spaar. Met 2010 wat al hoe nader kom, is dit belangrik vir elke onderneming om sy ruimte op die web te hê. Vir individue is dit belangrik om by die res van die wêreld op die web aan te sluit met jou eie webtuiste.

Dit is ook belangrik om jou naam op die web te besit.In ’n vorige rubriek het ek genoem dat Amerikaners selfs nou eers kyk of ’n naam beskikbaar is op die web voordat hulle hul kinders name gee.Dit klink snaaks, maar dit is deesdae belangrik om jou identiteit op die web te besit.

Ek bied op 9 April ’n werksessie aan om jou deur hierdie stappe te help sodat jy ook jou eie webblad maklik op die web kan skep.
Ek sal ook belangrike wenke met jou deel om jou op soek­enjins soos Google te lys.

Indien jy belang stel om hierdie oggend by te woon gaan na www.dreamagineers.com vir meer inligting of om te registreer.

 

podcamp banner