Elektroniese nuusbriewe meer

Unwanted Gifts

EK word gereeld gevra om mense te help met die opstel van elektroniese nuusbriewe. Dit is iets wat ek ­geweldig geniet en wat my opgeval het, is die toename in hierdie ­versoeke.

Daar is vandag soveel opsies ­beskikbaar vir elektroniese nuusbriewe en van hierdie opsies is outomaties. Wanneer jy clickkliek se webblad besoek, sal jy ’n blokkie regs bo in die hoek sien waar jy jou e-posadres kan invoeg.

Elke keer wanneer ek nuwe inhoud op die webblad sit, sal daar outomaties die volgende oggend ’n nuusbrief aan almal gestuur word wat ingeteken het. Die beste hiervan is dat dit ’n gratis diens van Feedburner is. Indien jy dus ’n blog begin vir jouself of jou maatskappy sal ek dit sterk aanbeveel dat jy sommer dadelik ook by Feedburner gaan aansluit.

Skole, kerke en ander organisasies kan honderde rande spaar deur al hul lede op hul nuusbrief te laat inteken. Indien daar nuwe nuus is, kan die nuusbrief outomaties gestuur word.

Ek onthou nog die dae toe ons elke paar dae ’n omsendbrief by die skool gekry het en dan moet Ma of Pa dit teken om te bewys dat hulle dit gekry het. Die groot probleem was dat ek nooit onthou het om dit vir hulle te gee nie, maar as Ma of Pa internettoegang het, kan hulle ’n elektroniese omsendbrief ontvang. Indien jy ’n grafies ontwerpte nuusbrief wil uitstuur, kan dit werklik in enige program saamgestel word. My aanbeveling is slegs dat jy die finale produk in ’n algemeen beskikbare formaat sal plaas. Die Adobe Pdf-formaat is baie gewild en werk uitstekend.

My aanbeveling is dat jy altyd ook ’n paar gedrukte kopieë van die nuusbrief beskikbaar maak.Nico Baird is ’n direkteur van Dreamagineers Internasionaal.