Diabetes Focus – Tydskrif

Soos ek ‘n ruk terug op my blog genoem het is ek ‘n paar maande gelede met diabetes gediagnoseer. Die skok en aanpassings het my natuurlik nie so hard getref soos die mense rondom my nie, maar so met die tyd saam begin ek besef hoe ernstig my situasie was en hoe gelukkig ek myself moet ag dat ek nie in die hospital beland het nie.

My suikervlakke was bo 25 toe ek gediagnoseer was en wanneer ek my suiker getoets het was dit soms selfs bo 33.  Die meter het met tye nie ‘n lesing gegee nie, net ‘n “High” het op die skerm verskyn.

Ek spartel natuurlik nog al die pad om my suikers konstant laag te hou, maar dinge is darem aansienlik beter.

Die rede vir hierdie inskrywing is die feit dat ek vandag vir die eerste keer ‘n kopie van  ‘n tydskrif “Diabetes Focus” gekry het.  Dit is laasjaar se uitgawe en word deur die Diabete vereniging van Suid-Afrika gepubliseer.

Dit is ‘n wonderlike bron van inligting!!!  Ek het maar die eerste paar bladsye gelees en ek het dadelik besluit om ‘n artikel te skryf daaroor.  Die tydskrif is by Dischem of deur die vereniging beskikbaar en ek dink  elke diabeet of familie lid van ‘n diabeet behoort dit op ‘n  gereelde basis te bekom.

Indien jy onlangs gediagnoseer is en nog nie alles weet wat jy moet nie is dit belangrik dat jy dadelik die jongste uitgawe in die hande kry. Kry meer inligting by die Diabetevereniging se webblad by  http://www.diabetessa.co.za/.

Ek dink ook die Amerikaanse weergawe kan van belang wees. Jy kan inteken daarop of jy kan aanlyn die artikels lees by http://forecast.diabetes.org.

Ek sal in die volgende paar dae ook van die wonderlike inligting wat ek bekom met julle op my blog deel.

Ek doen deesdae baie huiswerk oor diabetes, oorsake van diabetes, wat jy mage eet as jy ‘n diabeet is en ook wat op die mark is om die lewe van diabete te vergemaklik, dus as jy ‘n vraag het stuur vir my ‘n epos, dalk kan ek jou in die regte rigting wys.  Ek is nie ‘n dokter nie dus sal ek jou nie antwoorde kan gee of wil gee nie, maar ek kan dalk vir jou in ‘n rigting op die Internet verwys waar jy kan gaan lees en jou eie besluite neem. Dalk kan jy dit dan met jou dokter bespreek en jou lewe verander.

Laat weet my gerus!  Selfs nog beter is as jy dalk ‘n gedagte het om met my ted eel sal ek dit hoog op prys stel!