Advertensies op web effektief

DIE afgelope twee maande het ek weer besef dat indien ek ClickKliek se webblad effektief wil bestuur en ook uitbrei, ek advertensies op die blad sal moet toelaat.

Die web het ‘n uiters belangrike bron van bemarking vir enige onderneming in die wêreld geword. Die teikenmark het verander van mense in ‘n dorp of streek na mense oor die wêreld heen.

‘n Onderneming wat effektief sy teenwoordigheid op die web vestig, kan maklik sy kliënte-basis weekliks verdubbel. As voorbeeld kan ek een van die advertensies op die ClickKliek-blad gebruik.

Voordat ek die advertensie op die webblad gesit het, het ek nog nooit van DChoc gehoor nie, maar nadat ek die webblad besoek het, het ek onmiddellik ‘n bestelling geplaas. Die ongelooflikste geskenke wat ek in jare gesien het. Werklik iets spesiaal en ideaal vir daardie situasies waar jy weet jy verkeerd was en net nie weet hoe om die vrede te herstel nie.

Die beste deel is dat jy as eienaar van ‘n onderneming nie eens nodig het om webbladsye te besoek en te onderhandel met die webbladeienaars nie.

Jy gaan bloot na een van ‘n aantal webbemarkingsmaatskappye en teken in op een van hul bemarkingspakkette.

Honderde webbladeienaars het reeds ingeteken om hierdie dienste op hul webbladsye te bemark. Die eienaars van die webbladsye kry dan kommissie uit suksesvolle verkope. Hierdie kommissie word deur die verkoper bepaal.

Indien jy dus ‘n webblad het of ‘n maatskappy het wat jy effektief en teikengerig wil bemark, is dit dalk vandag tyd om by een van hierdie dienste aan te sluit. My gunsteling bemarkingsmaatskappye is Trafficsynergy, Offerforge en Earningsonline.

 

Ander voorbeelde:
USA Green Card Lottery

 

 

Need a second bond? Click here to apply online.

Justin.tv

 

WAT sou jy alles doen om jou volgende projek aan die wêreld bekend te stel? Ek het die afgelope paar jaar baie snaakse goed op die internet gesien wat mense  doen om, óf bekend te word óf om ’n produk te verkoop, en www.Justin.tv is beslis een van die oorspronklikste pogings wat ek nog gesien het. JustinTV is reeds 32 dae op die lug – of moet ek sê – op die web? Justin, ’n Amerikaner, het besluit dat dit dalk interessant sal wees vir mense om te kan sien wat dit behels om “Justin” te wees.

Vir die volgende paar maande sal jy 24 uur per dag kan sien presies wat Justin aanvang in sy lewe.

Hy het ook drie vriende wat sy dae saam met hom deel.

Vir ’n paar maande het hulle hul huiswerk gedoen oor die nodige tegnologie  om  so  ’n  deurlopende video-uitsending  moontlik  te maak en sover is dit uiters suksesvol.

Dit  maak nie saak waar Justin is nie, die video gaan ononderbroke voort. Jy sien die wêreld vanuit Justin se perspektief.

Die enigste probleem is dat soveel  mense  nou  vir  Justin  wil dophou  dat  daar  nie  altyd  plek  is vir nog iemand om te kyk nie, want hul  webbedieners  kan  net  nie die massas kykers hanteer nie.

Jy kan dalk nou dink dat almal dit seker nou sal wil doen, en jy sou reg wees.

Dinsdag het Justine haar eie kanaal begin en nou kan jy vir 24 uur per dag ook na  JustineTV kyk.

Ek glo nie ’n mens sal vir dae aaneen daarna kan of wil kyk nie, maar dit is werklik die moeite werd om net te gaan loer en te sien wat op die web aan die gebeur is.

USA Green Card Lottery

GetPodcasting.co.za

n NUWE projek is onlangs bekend gestel om Podcasting in Suid-Afrika te bevorder. Get Podcasting (www.getpodcasting.co.za) is daarop gemik om lede van die publiek die geleentheid te gee om hul eie podcasts te skep en dan op die blad te plaas.

 

Ander gebruikers kan dan maklik daarna gaan luister en beoordeel hoe goed dit is. Apple Inc, Mini, 5fm en Coca-Cola is die borge van hierdie projek en jy kan daagliks groot pryse wen.

Jy neem jou eie podcast (oudio of video) op en nadat jy jou gratis geregistreer het, laai jy dit op die blad.

Ander gebruikers kan dan na jou podcast gaan luister of daarna kyk en hulle kan dit beoordeel. Daar is R250 000 se pryse wat gewen kan word.

Staan elke dag ’n kans om ’n iPod Shuffle te wen. Al wat jy hoef te doen is om na die ander podcasts te luister en te beoordeel. Dit kan nie makliker wees nie.

Gaan vandag nog na die blad om te luister en te kyk!

En indien jy iets het om te sê, neem dit op en plaas dit op die blad vir ons almal om na te luister.

Jy kan dalk binnekort beroemd wees.

Het jy al jou gratis faks-tot-e-pos-nommer gekry? Sover het 200 lesers reeds hul gratis faks-tot-e-pos-nommers ontvang.

Indien jy nog nie jou nommer het nie, tik jou naam en van in ’n e-pos en stuur dit aan info@clicksa.co.za. Die diens is gratis en maak dinge sommer baie makliker. Dit kan jou onderneming honderde rande per maand bespaar.

Please remember to listen to the ZA Show Podcast  from Cape Town! Please vote for this podcast!

 

 

WOMF – Word of Mouth Forum

DIE afgelope week of twee het ons almal op die plaaslike radiostasie gehoor dat ons moet Womf. Maar wat op aarde kan hierdie “gewomfery” nou eintlik wees? Womf staan vir Word Of Mouth Forum.

Soveel keer gebeur dit dat ek geweldig ontevrede is met diens wat ek by een of ander onderneming ontvang het en dan wil ek dit graag aan die hele land verkondig en verseker dat dit nie aanhou gebeur nie. Daar is ook ander tye wat ek sulke goeie diens ontvang dat ek die hele wêreld na hierdie onderneming wil stuur om te verseker dat almal in hierdie goeie diens kan deel. Die vraag was altyd hoe doen ek dit? Hoe nou gemaak?

Wel, nou is daar Womf. Hierdie webblad is die antwoord. Hier kan jy jou registreer en jou mening uitspreek oor dienste en produkte en sê of jy gelukkig was of nie. Jy kan ander gebruikers waarsku en seker maak dat niemand anders die foute maak wat jy gemaak het nie. So leer ons uit mekaar se foute.

Dit is belangrik dat soveel as moontlik mense egter aan hierdie forum deelneem aangesien die sukses van so forum daarop gegrond is dat massas mense dit bestuur en reguleer. Met lae syfers kan jy nie noodwendig ‘n eerlike en ware opinie verseker nie.

Mense in die streek moet dus hul beste pogings aanwend om aktief betrokke te raak en te verseker dat “diens” en “gehalte” weer ‘n voorkeursaak by ondernemings in die streek word.

Besoek vandag nog www.ofm.co.za en kliek op die skakel na die Womf-blad.

Ek hoop dat ons binnekort nog ‘n groot aantal van hierdie webbladsye plaaslik sal sien.

Baby Boom Box Banner

Goedkoper Internet bly ‘n droom

EK sit vroeër die week en luister na een van my gunsteling-“podcasts” uit Amerika. Een van die stories wat onder bespreking was, was hoe ontevrede kliënte was met een van die Amerikaanse internetdiensverskaffers wat ‘n onbeperkte internetopsie aan kliënte bied, maar eintlik was hierdie opsie se beperking 200 GIG per maand.

My eerste reaksie was natuurlik dat ek nie kan glo dat enigiemand soveel data in ‘n maand kan aflaai nie, maar dan besef ek dat die spoed waarteen Amerikaners inligting van die net kan aflaai 10 of 20 keer vinniger is as die spoed wat ons in Suid-Afrika beskikbaar het.

Baie Amerikaanse internetgebruikers huur flieks op die internet en laai dit af, soos wat ons ‘n DVD sou gaan huur by ons naaste videowinkel.

Ons het beperkings van 3 GIG of 10 GIG per maand en dit is onbetaalbaar duur. ‘n Soortgelyke diens in Amerika kos sowat R300 per maand en sluit alles in: van jou lynhuur tot die diensverskaffer se tarief.

‘n Jaar gelede was ek oortuig daarvan dat ons binne een jaar aansienlike prysverlagings sal sien, maar die prysverlagings was minimaal.

Selfs die nuwe toetreders tot die mark moet hul pryse tans nog hoog hou om die infrastruktuur daar te stel. Ek wonder soms of die maatskappye wat in beheer is van hierdie netwerke besef dat hul honderde nuwe intekenaars sal kry indien hulle net hul pryse effens laat daal. Hul winste behoort dan aansienlik toe te neem aangesien hulle dalk minder wins per enkel intekenaar maak, maar uit die groot aantal intekenaars groter winste sal toon.

Ons sit nog ons hoop in ICASA, maar tot op hede was daar nie veel vordering nie.

Windows Vista

WINDOWS VISTA is uiteindelik hier. Die afgelope paar maande was ek een van die Beta-toetsers van hierdie nuwe weergawe van Windows en uit die staanspoor was ek opgewonde.

Ek het gevoel ek was meer produktief met hierdie weergawe – daar is honderde funksies wat my lewe baie makliker gemaak het. Windows Vista sal binnekort oral in Suid-Afrika beskikbaar wees en ek sal een van die eerste ouens in die ry wees om die finale weergawe te koop en op my rekenaar te installeer. Indien jy in die mark vir ‘n nuwe rekenaar is, is dit ‘n goeie idee om seker te maak dat jy van vandag af slegs ‘n rekenaar koop wat reeds Windows Vista op het. Indien nie, sal jy in ‘n later stadium dalk wil opgradeer en dan sal dit jou heelwat meer kos.

Indien jy nie seker is of jou rekenaar geskik is vir Windows Vista nie, kan jy na die Windows-webblad gaan (die skakel is op www.clickkliek.com) om dit te toets.

Ek het Dinsdag ‘n aantal mense toegespreek oor tegnologie en Web 2.0 en toe ek die uitreiking van Windows Vista noem, was daar een baie ontevrede gesig.

Hy het Maandag ‘n duur skootrekenaar gekoop en die verkoopspersoon het nie aan hom verduidelik dat Windows Vista binne die volgende week beskikbaar gaan wees nie. As hy dan nóú wil opgradeer na Windows Vista, gaan dit sy sak ruk.

Afrikaanssprekendes sal ook baie gelukkig wees oor die feit dat Windows Vista ook in Afrikaans beskikbaar sal wees.

 

 

Lees boeke stukkie vir stukkie

IN vandag se gejaagde lewe is dit baie moeilik om werklik te gaan sit en ‘n boek te lees.

En soms voel dit dat jy tyd mors as jy nie iets lees wat met jou werk verband hou nie.

Ons lees egter elke dag honderde e-posse en daar is altyd tyd om te kyk watter nuwe e-posse vir ons wag.

As ‘n mens nou net die twee kon kombineer.

Wel, jy kan. Een van die nuwe opkomende internet-konsepte of -dienste wat onlangs begin het, maar wat daagliks groei, is DailyLit.com.

Hierdie diens neem die hele boek en deel dit in stukkies op.

Jy ontvang dan elke dag ‘n gedeelte van die boek.

Jy ontvang net genoeg om vinnig nog ‘n stukkie van die boek te lees.

Môre ontvang jy die volgende gedeelte.

As jy op ‘n dag meer tyd het, kan jy ook dadelik vir nog ‘n deel van die boek vra deur op ‘n skakel, in die e-pos wat jy ontvang het, te kliek.

Wanneer jy www.DailyLit.com besoek, kan jy deur die databasis gaan en uit ‘n hele reeks klassieke boeke kies.

Boeke soos Alice in Wonderland, Frankenstein, Sherlock Holmes en Gulliver’s Travels is maar ‘n paar van die boeke wat beskikbaar is.

Jy kies dan die boek uit hierdie versameling wat jy graag wil lees.

Volgende moet jy besluit hoe gereeld jy dele uit die boek wil lees.

Daagliks, net van Maandag tot Vrydag of dalk elke tweede dag? Vul jou e-posadres in en sluit aan.

Jy sal dan op ‘n gereelde grondslag, soos deur jou bepaal, ‘n paar paragrawe van die boek ontvang. Voordat jy dit weet, het jy die hele boek gelees.

Die diens is gratis, so gaan sluit sommer vandag aan en begin jou volgende boek stukkie vir stukkie lees.

Page 1 Page 2