27Dinner groot sukses

Die eerste 27Dinner wat in Bloemfontein gehou is was ‘n reuse sukses.  Dinsdagaand was daar die eerste keer ‘n 27Dinner in Bloemfontein en die aand was ‘n perfekte afskop vir ‘n gereelde instelling op die Bloemfotein kalender.
Tydens die aand was die twee primere sprekers Igno van Niekerk en Ramon Thomas wat hul sienings en aanbevelings oor sosiale netwerke gedeel het.  Ramon het ook kom vertel hoe om jou primere inkomste op die web te verdien deur in Afrikaans te blog.  Met die wereld wat al hoe kleiner word as gevolg van tegnologiese veranderings het elke blogger ‘n internasionale mark alhoewel hy in sy moedertaal blog.  
Tydens die aand is daar ook lekker saam gekuier en nuwe netwerke en besigheidsgeleenthede bespreek deur van die bywoners.  Selfs Woensdag oggend was daar nog besigheid gesels toe van die bywoners saam ontbyt gaan eet het om verder besigheid te gesels.
Hierdie is ‘n wonderlike begin vir ‘n konsep wat reeds in Kaapstad, Johannesburg, Durban en ook Port Elizabeth baie popular is. Ons het ook besluit om reeds die volgende 27Dinner op 27 Februarie 2010 te hou.  Registrasies vir hierdie 27Dinner sal binnekort op die webblad www.27dinner.com <http://www.27dinner.com>  beskikbaar wees, maar indien jy nou reeds meer inligting benodig stuur gerus ‘n epos aan my.   Teken die datum sommer nou al in jou dagboek aan en maak seker dat jy nie volgende keer sal misloop nie.
Baie dankie aan almal wat die aand bygewoon het en ook almal wat die aand moontlik gemaak het insluitend al die geskenke wat geborg was wat ons uitgedeel het.  Onthou volgende keer gaan ons groter en beter!  

Posted via email from nico’s posterous